Algemene Vrae

WAT IS JOU AFRIKAANS?

JA, kort vir Jou Afrikaans, is ‘n Afrikaanse stromingsdiens wat op 1 Junie 2021 afgeskop het.

Geniet films, reekse, dokumentêre programme en musiek in jou taal!

JA Kids is ‘n eksklusiewe pakket gevul met heilsame kykgenot vir die jongspan.

Maandeliks – R80 per maand
Jaarliks – R560 per jaar
JA Kids – R35 per maand
BBP Lidmaatskap – R1000 vir lewenslange lidmaatskap

Indien jy op ons webtuiste aangesluit het sal die subskripsiefooi maandeliks verhaal word van die bankrekening waarvan jy die besonderhede verskaf het toe jy by Jou Afrikaans aangesluit het.

Jy kan met 3 toestelle per subskripsie stroom.