A New Life

Vrygestel: 1971
Tydsduur: 1h 20m
Victor Collins is ‘n sanger met ‘n onstuimige verlede wat sy sangloopbaan ná 10 jaar beëindig het omdat hy voel hy word uitgebuit deur sy agente en bestuurders. Hy keer tydelik terug na die kollig om by ‘n liefdadigheids konsert op te tree om te help...

Victor Collins is ‘n sanger met ‘n onstuimige verlede wat sy sangloopbaan ná 10 jaar beëindig het omdat hy voel hy word uitgebuit deur sy agente en bestuurders. Hy keer tydelik terug na die kollig om by ‘n liefdadigheids konsert op te tree om te help met geldinsameling vir ‘n skool. Hy sak tydens die vertoning ineen en word na die hospitaal gehaas. Die Dokter sê dat Victor ‘n hartoorplanting sal moet ondergaan. Op dieselfde dag sterf Pieter de Bruyn en sy vrou, Joyce, stem in dat haar man se hart na Victor mag gaan. Met die nuwe hart kry Victor ‘n bietjie wysheid en hy besef ook dat as hy ‘n gelukkige en vervulde lewe wil lei, sal hy sy verlede agter hom moet sit.

Afrikaners is plesierig … selfs in Engels!
Oor die jare heen het die Afrikaanse skeppers van kykvermaak hul tone ook in die Engelse poel gesteek. Trots Afrikaanse mense, onder andere Jamie Uys, het nie hul skeppende talente beperk tot Afrikaans nie, en aangesien daar geen einde aan hul artistieke vermoëns is nie, het hulle kykgenot in Engels ook vervaardig.

Ons bring nou ook vir jou Engelse films wat met ‘n Afrikaanse aanslag deur trots Afrikaanse mense vervaardig is!

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.