Aladdin en die Wonderlamp

Tydsduur: 47m 24s
Ouderdomsbeperking: Geen
Aladdin, ‘n sukkelaar van Persië, kan sy geluk nie glo toe ‘n sluwe man, Hassiem, hom in ‘n geheime grot vol skatte instuur nie. Aladdin kom op ‘n lamp af, min wetende dat dit ‘n wonderlamp gevul met ‘n towergees is. Aladdin vat die lamp en ‘n paar w...

Aladdin, ‘n sukkelaar van Persië, kan sy geluk nie glo toe ‘n sluwe man, Hassiem, hom in ‘n geheime grot vol skatte instuur nie. Aladdin kom op ‘n lamp af, min wetende dat dit ‘n wonderlamp gevul met ‘n towergees is. Aladdin vat die lamp en ‘n paar waardevolle skatte wat die lewe vir homself en sy ma sal vergemaklik. Op ‘n dag is die hele dorp op hol want die sultan se dogter gaan besoek aflê by die dorp se badhuis. Die nuus bereik Aladdin en hy kan homself nie keer nie, die pragtige jong prinses móét hy met sy eie oë sien. Die koel is deur die kerk, Aladdin is vasbeslote om die res van sy lewe met Leila deur te bring, daar is egter ‘n paar hindernisse wat hy moet oorkom, maar met die hulp van die towergees in die wonderlamp is die lewe so ‘n tikseltjie makliker.