Babbelkous

Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 29m
Ouderdomsbeperking: Geen
Anne Parker, ‘n prokureur se telefoniste, is versot op speurverhale en rolprente wat handel oor misdaad. Sy glo vas dat haar baas, Mnr. Jan Rademan, vermoor is en meld die saak by die polisie aan. ’n Speurder wat die saak ondersoek word totaal en al ...

Anne Parker, ‘n prokureur se telefoniste, is versot op speurverhale en rolprente wat handel oor misdaad. Sy glo vas dat haar baas, Mnr. Jan Rademan, vermoor is en meld die saak by die polisie aan. ’n Speurder wat die saak ondersoek word totaal en al deur Anne verwar, maar Anne glo sy het al die antwoorde op haar baas se verdwyning.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.