Begrond
Begrond
Byna 120 jaar ná 4000 Boeresoldate teen ongeveer 14 000 Britse soldate te staan gekom het op die hoogste kop van die plaas Kleinfontein, ook bekend as Diamond Hill in die Transvaal, word ‘n film op die einste koppie gemaak.
Begrond is gebaseer op die boek met dieselfde naam wat deur
Dr. Dirk Hermann geskryf is.
Begrond handel oor ‘n familie wat ontnugter en verslae is ná die moord van hul oupa tydens ‘n plaasaanval. Die kleinseun, Kleinfaan Venter, keer terug na die plaas. Kleinfaan is mismoedig oor die toekoms in
Suid-Afrika, maar antwoorde kom deur sy oorlede grootouma Katryn wat nie net die Heilbron-konsentrasiekamp oorleef het nie, maar ook ná die oorlog opstaan en weer ‘n lewe bou.
Dr. Hermann sê “Begrond is geskryf vir daardie persoon wat kyk na die uitdagings in die land en dink “nou wat nou?”. Dit vertel oor die pyn en hartseer van die verlede maar ook hoe die vorige generasies opgestaan het en besef het dat daar steeds hoop is. Kleinfaan leer uit sy voorouers se krag en besef “hier is ek begrond”.
Volgens Dr. Hermann word die boere se swaarkry beskryf juis sodat mense die merkwaardigheid van hul opstaan kan verstaan. Hy sê:
“Die boere het die morele hoë grond behou en gebou. Dít het gemaak dat hulle die oorlog gewen het, al het hulle dit op papier verloor. Afrikaners se storie is dus vir almal in Suid-Afrika ‘n storie van hoop.”