Blomme vir Michelle

Tydsduur: 13m 13s
Ouderdomsbeperking: 16
‘n Kortfilm oor ‘n jong skoolgaande tienermeisie en haar nuwe geheimsinnige potensiële liefdesbelangstelling, Juan. Michelle ontvang ‘n bos blomme van Juan met ‘n bypassende kaartjie wat lui “Blomme vir Michelle”. Michelle en Juan kommunikeer tot op...

‘n Kortfilm oor ‘n jong skoolgaande tienermeisie en haar nuwe geheimsinnige potensiële liefdesbelangstelling, Juan. Michelle ontvang ‘n bos blomme van Juan met ‘n bypassende kaartjie wat lui “Blomme vir Michelle”. Michelle en Juan kommunikeer tot op hede nog net deur boodskappe op hulle selfone. Die televisie blêr kliphard dat drie tienermeisies die afgelope ruk vermis geraak het. Michelle se vriendin, Kayla, waarsku haar dat die misterieuse Juan dalk ‘n persoon met voorbedagte rade is en dat sy versigtig moet wees. Michelle is huiwerig om Juan te ontmoet, maar met die verloop van tyd oorreed hy haar om in ‘n parkie te ontmoet. Michelle het skaars op die swaai gaan toe sy oorval is deur ‘n man wat haar verdoof met chloroform. Michelle ontwaak en vind haarself tussen die liggame van die drie vermiste tienerdogters wat oor die televisie skerm geflits het. “Juan” is ‘n mensehandelaar en Michelle is sy nuutste slagoffer. ‘n Bossie blomme op die welkom matjie verhelder die gesig van die volgende slagoffer.