Boxwood

Vrygestel: 2016
Tydsduur: 16m 40s
Ouderdomsbeperking: Geen
‘n Tragedie en sy stryd om vrede te maak met die harde realiteit ruk Janus uit sy wentelbaan. Janus wou nog altyd bekend gewees het, maar verwerf bekendheid om al die verkeerde redes nadat hy ‘n rolstoelparkering swart geverf het met ‘n kannetjie spr...

‘n Tragedie en sy stryd om vrede te maak met die harde realiteit ruk Janus uit sy wentelbaan. Janus wou nog altyd bekend gewees het, maar verwerf bekendheid om al die verkeerde redes nadat hy ‘n rolstoelparkering swart geverf het met ‘n kannetjie sproeiverf. Dertig niewinsgewende organisasies het Janus afgekeur om as ‘n vrywilliger te help, sy enigste ander opsies is ‘n jaar gemeenskapsdiens of om by ‘n tehuis te werk vir mense wat vasgekluister is aan rolstoele. Janus is huiwerig en pessimisties oor die tehuis en sy mense, maar besef vinnig dat daar meer in die mense steek as die vooropgestelde stereotipiese stigmas.