Breekpunt
Vrygestel: 1971
Tydsduur: 1h 17m
Ouderdomsbeperking: 13
Louis ontvoer Marie omdat hy weier om te aanvaar dat Marie hom nie meer liefhet nie en dat sy met Tom gaan trou. Hy forseer Marie om ’n brief vir Tom te skryf waarin sy verklaar dat sy lief is vir Louis. Tom glo nie dat Marie hom vrywillig afgesê het...
Breekpunt
Louis ontvoer Marie omdat hy weier om te aanvaar dat Marie hom nie meer liefhet nie en dat sy met Tom gaan trou. Hy forseer Marie om ’n brief vir Tom te skryf waarin sy verklaar dat sy lief is vir Louis. Tom glo nie dat Marie hom vrywillig afgesê het nie en doen alles in sy vermoë om Marie op te spoor. Intussen speel Louis ongenaakbare sielkundige speletjies met Marie wat haar tot breekpunt te dryf.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.