Broer en Suster
Broer en Suster
‘n Tweeling, Johannes en Johanna, word jare al soos slawe deur hul stiefma behandel ná die stiefma hul ma vermoor het. Hulle moet daagliks die maalsteen aan die gang te hou. Otto en Krokkie se paaie kruis met die tweeling toe hulle by die maalsteen gaan inloer en die tweeling vir hulle sê waarom hulle geboei is aan die maalsteen. Otto en Krokkie besluit om hulle te help om te ontsnap. Die tweeling sê vir hulle die stiefma dra die sleutel om haar nek en terwyl die stiefma daardie aand slaap haal Krokkie die sleutel van die stiefma se nek af. Die tweeling word deur Otto en Krokkie bevry en hulle besluit om met die koning te gaan praat om aan hom te verduidelik wat hul stiefma aan hulle doen. Die reis na die kasteel is vol onaangename verrassings want die stiefma probeer alles in haar mag om te verhoed dat die tweeling met die koning praat, maar soos met alle sprokies het hierdie een ook ‘n gelukkige einde.