Daar Doer In die Bosveld

Vrygestel: 1951
Tydsduur: 1h 1m
Ouderdomsbeperking: Geen
Daar Doer In die Bosveld is Jamie Uys se heel eerste film en is die voorloper en inspirasie vir The Gods Must Be Crazy. Hierdie komiese film volg Hans Botha, ’n skaam en “onbeholpe” jongman, wat ’n jong skooljuffrou, Martie, in sy skedonk by die buss...

Daar Doer In die Bosveld is Jamie Uys se heel eerste film en is die voorloper en inspirasie vir
The Gods Must Be Crazy. Hierdie komiese film volg Hans Botha, ’n skaam en “onbeholpe” jongman, wat ’n jong skooljuffrou, Martie, in sy skedonk by die busstop oplaai. Hans en Martie se reis terug dorp toe is gevul met uitdagings en die moontlikheid van reën.

Daar Doer in die Bosveld word erken as die eerste volkleur-vollengte rolprent wat in Suid-Afrika vervaardig is - ’n mylpaal wat ’n nuwe era in die ontwikkeling van die plaaslike rolprentbedryf ingelui het.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.