Dans van die Flamink
Dans van die Flamink
Alex is ‘n grootwildjagter wat verlief is op Agnes, ‘n materialistiese blondine wat nie kans sien vir armoede en swaarkry nie. Agnes verbreek haar verhouding met Alex en trou met ‘n ryk man wat veel ouer as sy is. Drie jaar later reis dié man na Afrika op ‘n geheime sending en Agnes, nou sy eksvrou, vergesel hom omdat sy graag vir Alex wil terughê. Alex het Agnes nog nie vergewe ná sy hom gelos het nie en is verlief op Patrys, ’n vrou wat sy liefde vir die buitelug en natuur deel. Terwyl die twee vroue meeding om Alex se hart, speel ’n ander drama hom af op ’n nabygeleë berg, wat deur die plaaslike inwoners as vervloek beskou word.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.