Dawid en Goliat

Tydsduur: 42m 2s
Ouderdomsbeperking: Geen
Koning Saul se koninkryk was gedurig bedreig deur ander nasies en hy het al hoe meer mannekrag benodig vir die oorloë. Isai is ‘n pa van vele seuns en sy jongste seun is Dawid, ‘n skaapwagter. Dawid het nie ‘n bang haar op sy kop nie, maar sy pa het ...

Koning Saul se koninkryk was gedurig bedreig deur ander nasies en hy het al hoe meer mannekrag benodig vir die oorloë. Isai is ‘n pa van vele seuns en sy jongste seun is Dawid, ‘n skaapwagter. Dawid het nie ‘n bang haar op sy kop nie, maar sy pa het geweier dat Dawid saam met sy ouer broers in die oorloë gaan veg. Op ‘n dag stuur Isai vir Dawid met voorraad na sy broers wat betrokke was in die oorlog. Dawid bereik sy broers en hoor ‘n gedreun oor die vallei. Dit is die reus, Goliat, wat die Israeliete koggel en spot omdat hulle nie ‘n vegter alleen teen hom laat veg vir Israel se vryheid nie. Koning Saul vra weer of daar ‘n dapper vegter is wat bereid is om teen Goliat te veg en sonder om twee keer te dink tree die brawe Dawid vorentoe. Koning Saul se wapenuitrusting is gans te swaar vir Dawid om in te loop. Dawid trek dit uit, haal sy slingervel uit en tel vyf gladde klippies in die rivierbed op. Dawid verslaan vir Goliat en sy braafheid word beloon.