Dawie Kabouter en die Gouddiewe

Tydsduur: 1h 8m
Ouderdomsbeperking: Geen
Dawie Kabouter vertel dat hy al 308 jaar oud is. Die meeste kabouters word 400 jaar oud. Daar is baie verskillende kabouters. Dawie is ‘n woudkabouter. Woudkabouters woon oral waar daar ‘n woud is. Daar is sandkoubters, tuinkabouters, huiskabouters. ...

Dawie Kabouter vertel dat hy al 308 jaar oud is. Die meeste kabouters word 400 jaar oud. Daar is baie verskillende kabouters. Dawie is ‘n woudkabouter.
Woudkabouters woon oral waar daar ‘n woud is. Daar is sandkoubters, tuinkabouters, huiskabouters. Die Noordpool-kabouters is die grootste van alle kabouters.

Die trolle vergal al vir eeue lank die kabouters se lewens. Daar is geen einde aan die elende wat die trolle kan veroorsaak nie. Die donker dieptes van ‘n trol se siel is net so swart soos die rook wat hulle uitasem en solank as wat iemand anders die lewe geniet sal hulle nooit rus vir hulle siele hê nie.

Die towenaar Zoltan het ‘n manier gevind om klip in goud te verander. Hy het die goudstawe na die paleis geneem en al wat kis is vol van die goudstawe gepak.
Die trolle steel die koning se goudstawe en Dawie Kabouter word belas met die verantwoordelikheid om die goudstawe op te spoor voordat die trolle dit vir die verkeerde goed gebruik.

Regisseur

Vervaardiger