Die Drie van der Merwes
Die Drie van der Merwes
Koos van der Merwe is hopeloos verlief op Linda, die beeldskone dogter van die skatryk sakeman Herman de Villiers. Koos droom daarvan om met haar te trou, maar as sukkelende akteur maak hy geen indruk op Herman nie. Oortuig dat Koos nie goed genoeg vir sy dogter is nie, verbied Herman hul verhouding en neem hy Linda Durban toe in die hoop dat afstand haar van Koos sal laat vergeet.
Koos gee nie so maklik tou op nie. Hy volg hulle Durban toe en vermom homself as die vermiste Kapt. James van der Merwe om naby Linda te kan wees. Die plan raak egter vinnig ingewikkeld wanneer die regte Kapt. James van der Merwe onverwags opdaag en om alles te kroon, verskyn sy tweelingbroer, Dr. Piet van der Merwe, ook op die toneel. Wat volg is ’n heerlike warboel van misverstande, vermommings en ‘n Babelse verwarring, waar niemand meer seker is wie nou eintlik wie is nie en die poppe behoorlik begin dans.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.