Die Kaskenades van Dokter Kwak

Vrygestel: 1948
Dr. Kwak koop ‘n praktyk op ‘n klein dorpie vir ‘n appel en ‘n ei. Toe hy op die dorp aankom deel die inwoners hom mee dat niemand op die dorpie ooit siek raak nie. Dr. Kwak maak die dorpsmense bewus van die gevare wat kieme inhou en bied gratis kons...

Dr. Kwak koop ‘n praktyk op ‘n klein dorpie vir ‘n appel en ‘n ei. Toe hy op die dorp aankom deel die inwoners hom mee dat niemand op die dorpie ooit siek raak nie. Dr. Kwak maak die dorpsmense bewus van die gevare wat kieme inhou en bied gratis konsultasies op Maandae aan. Kort voor lank is die hele dorp siek in die bed.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.