Die Koster
Die Koster
Aangenaam-vallei is ‘n klein dorpie in die Karoo, gehul in stof en baie geheime. Andriena is ‘n weeskind wat deur haar tantes grootgemaak is, sy is naïef en onskuldig wanneer sy die imposante Engelsman van Princess Town ontmoet. Op hierdie dorpie word naaimasjiene, osse en skape hoog geag wanneer daar troureëlings gemaak word. Wie sal dan vir die weeskind Andriena iets gee om ook in die huwelik te tree, of sal geskiedenis homself herhaal?
Die Koster is gebaseer op die boek “The Beadle” wat deur Pauline Smith geskryf is.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.