Die Meerminnetjie
Vrygestel: 1992
Tydsduur: 47m 28s
Ouderdomsbeperking: Geen
Prinses Lena is ‘n meermin en die dogter van koning Malcolm. Lena se nuuskierige en avontuurlustige natuur is ‘n konstante kopseer vir haar dolfyn vriend. Koning Malcolm het ‘n sagte plekkie in sy hart vir Lena en sy kom gewoonlik weg met alles, maar...
Die Meerminnetjie
Prinses Lena is ‘n meermin en die dogter van koning Malcolm. Lena se nuuskierige en avontuurlustige natuur is ‘n konstante kopseer vir haar dolfyn vriend. Koning Malcolm het ‘n sagte plekkie in sy hart vir Lena en sy kom gewoonlik weg met alles, maar hy het een reël wat sy móét nakom, sy mag nie na die oppervlak van die see gaan nie. Prins Stefan se skip vaar deur ‘n woeste storm en Lena kom tot sy redding. Lena raak verlief op prins Stefan en sy is vasbeslote om met hom te trou. Sy besoek die seeheks, Cassandra, vir ‘n doepa wat haar vinne in voete sal verander in ruil vir haar stem. Cassandra waarsku Lena dat as sy nie suksesvol daarin slaag om prins Stefan te kry om op haar verlief te raak nie, sal Lena in seeskuim verander.