Die Sersant en die Tiger Moth
Die Sersant en die Tiger Moth
’n Aspirant vlieënier, Barry, en sy nooi Reinet, ’n rykmanskind, is vasbeslote om die vliegtuig waarmee sy ouers dood verongeluk het te herbou. Haar pa is nie ingenome met die stand van sake nie want hy het min ooghare vir die mannetjie wat beweer hy is ’n vlieënier, maar hy het nie eers ’n vlieglisensie nie. Raap en skraap word die onderdele aangekoop deur die jong paartjie, en met die hulp van onverwagse bronne is daar skynbaar niks wat hulle kan keer om die Tiger Moth in die lug te kry nie. Toe haar pa ’n hartaanval kry en die Tiger Moth die enigste vervoer is om hom spoedig by die hospitaal te kry, verander sy opinie van Barry.
*Tobie Cronjé het sy debuut rolprent verskyning gemaak in Die Sersant en die Tiger Moth.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.