Die Spook van Donkergat

Vrygestel: 1973
Tydsduur: 1h 19m
Ouderdomsbeperking: Geen
Kommandant Piet van Kloten begrawe ‘n sak vol Krugerponde en teken ‘n kaart. Hy deel die kaart in twee en gee die een helfte vir sy agterryer, Plaatjies Dunster. Kommandant van Kloten sneuwel iewers in die Kaap kolonie tydens die Vryheidsoorlog en di...

Kommandant Piet van Kloten begrawe ‘n sak vol Krugerponde en teken ‘n kaart. Hy deel die kaart in twee en gee die een helfte vir sy agterryer, Plaatjies Dunster. Kommandant van Kloten sneuwel iewers in die Kaap kolonie tydens die Vryheidsoorlog en die Krugerponde is steeds begrawe. 70 jaar later is Kommandant van Kloten se agterkleinseun, Piet Pompies en sy werker, Johnny, vasbeslote om dié skat te vind.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.