Die Wit Sluier
Die Wit Sluier
Dr. Charl Beaumont, sy vrou Lise en hul seuntjie, Charl junior, is met vakansie in Switserland waarvan die berge bedek is met spierwit sneeu. Hul idilliese vakansie kom tot ‘n einde en hul lewens verander onherroeplik toe ’n motorongeluk daartoe lei dat hul seuntjie ernstig beseer is. Lise en Charl verwerk die trauma en tragedie op verskillende maniere. Lise glo onwrikbaar dat hul seuntjie sal genees en Charl verdiep hom in sy werk. Hulle groei uitmekaar en skei, maar hul paaie kruis weer in die toekoms.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.