Dis Lekker Om Te Lewe

Vrygestel: 1957
Tydsduur: 1h 16m
Ouderdomsbeperking: Geen
Stoffie en Fanie wil ‘n geldjie verdien en besluit om by die leër aan te sluit. Tydens hul opleiding sien hulle twee rekrute wat oral loop en foto's neem en hulle ruik lont. Hulle besluit om die boewe uit te vang voordat hulle die leër se 'geheime wa...

Stoffie en Fanie wil ‘n geldjie verdien en besluit om by die leër aan te sluit. Tydens hul opleiding sien hulle twee rekrute wat oral loop en foto's neem en hulle ruik lont. Hulle besluit om die boewe uit te vang voordat hulle die leër se 'geheime wapen' ontdek, maar intussen is hulle sulke hopelose soldate dat hul bevelvoerders nie kan wag om van hulle ontslae te raak nie.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.