Doringrosie
Doringrosie
Die mense van die koninkryk is in ‘n diep slaap wat hulle oorval het net ná prinses Doringrosie gebore is. Die goeie feëtjie is gevra om Doringrosie se beskermfeë te wees. Al die belangrikste mense is genooi om die doop by te woon behalwe die bose feëtjie Kakiebos. Kakiebos was so kwaad toe sy by die doop aankom en besef sy was nie genooi nie dat sy Doringrosie vervloek en sê dat sy op haar sewentiende verjaardag haar vinger op die naald van ‘n spinwiel sal druk en sal sterf. Die goeie feëtjie kon nie Kakiebos se vloek herroep nie, maar sy kon sorg dat Doringrosie nie sterf op sewentienjarige ouderdom nie. Die goeie feëtjie het haar towerkrag gebruik om Kakiebos se vloek effens te verander. Die goeie feëtjie het verklaar dat Doringrosie nie dood sou gaan op haar sewentiende verjaardag nie, maar in ‘n diep slaap gaan val wat een honderd jaar sal duur. Die ander mense in die kasteel het ook aan die slaap geraak. Slegs die onsterflike liefde van ‘n prins sal Doringrosie kan red.