Dr. Kalie

Vrygestel: 1968
Tydsduur: 1h 34m
Ouderdomsbeperking: Geen
Die rolprent is 'n komedie-drama wat in triptiek-vorm (drie dele) aangebied word. Die eerste deel handel oor die swerwer, Kalie Muller, wat 'n byna magiese impak op almal wat hy ontmoet uitoefen. Hy help 'n jong seun met die besef dat hy graag vir s...

Die rolprent is 'n komedie-drama wat in triptiek-vorm (drie dele) aangebied word.
Die eerste deel handel oor die swerwer, Kalie Muller, wat 'n byna magiese impak op almal wat hy ontmoet uitoefen. Hy help 'n jong seun met die besef dat hy graag vir sy geliefde ouma die kombuis van haar drome wil gee.
In deel twee speel Kalie Cupido, met die toevoeging van 'n ryk alleenloper en 'n blommekind.
In die derde en laaste deel help Kalie sy vervreemde seun met die insig dat, as hy in sy besigheid en liefdeslewe wil slaag, hy die lewe deur die oë van 'n kind moet sien. Kalie het egter 'n geheime helper, sy hondjie, wat die lewens van die menslike karakters in die rolprent met mekaar verbind.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.