Geheim van Nantes

Vrygestel: 1969
Tydsduur: 1h 35m
Ouderdomsbeperking: 13
Volgens Armand du Mont sal Jacques le Roux met sy pof handjies nie langer as ’n dag hou op die wynplaas, Nantes, nie. Wonder bo wonder hou Jacques die eerste dag en is hy gedetermineerd om Armand te wys wat in hom steek. Die bedagsame oom Giepie help...

Volgens Armand du Mont sal Jacques le Roux met sy pof handjies nie langer as ’n dag hou op die wynplaas, Nantes, nie. Wonder bo wonder hou Jacques die eerste dag en is hy gedetermineerd om Armand te wys wat in hom steek. Die bedagsame oom Giepie help om Jacques touwys te maak in en om die plaas en kort voor lank neem selfs Armand vir Jacques onder sy vlerk. Jacques se tyd op die plaas ontbloot geheime van vergete dae op Nantes en die koers van die plaas se toekoms word handomkeer verander.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.