Geluksdal

Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 34m
Ouderdomsbeperking: Geen
Jorrie Lourens, 'n siviele ingenieur, moet ‘n dam in die vallei in Geluksdal bou. Die inwoners is egter nie entoesiasties oor die dam wat gebou word nie. Vir Pinkie en haar pa Koos is dit ‘n groot ontwrigting, hulle sal hul huis moet ontruim en haar ...

Jorrie Lourens, 'n siviele ingenieur, moet ‘n dam in die vallei in Geluksdal bou. Die inwoners is egter nie entoesiasties oor die dam wat gebou word nie. Vir Pinkie en haar pa Koos is dit ‘n groot ontwrigting, hulle sal hul huis moet ontruim en haar ma se graf moet agterlaat. Pinkie probeer alles in haar vermoë om die projek te saboteer, maar niks werk nie, waarna sy besluit om Jorrie te verlei.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.