Gouelokkies en die Drie Bere - Kort Storie
Gouelokkies en die Drie Bere - Kort Storie
Eendag lank-lank gelede het daar drie bere in ‘n lieflike huisie in ‘n pragtige woud vol betowerende diere gewoon. Pappa Beer, Mamma Beer en Baba Beer besluit om ‘n entjie te gaan stap sodat hul ontbyt kan afkoel.
‘n Entjie van hul huisie af speel Gouelokkies. Sy gaan by die huisie in en sien die lekker ontbyt op die tafel. Sy proe eers aan die grootste bord, maar dit is nie vir haar lekker nie. Sy vat ‘n happie van die middelste bord, dit is ook nie vir haar lekker nie. Sy vat ‘n happie van die kleinste bordjie, dit is vir haar so lekker dat sy sommer alles opeet. Toe sien sy die sitkamer. Sy gaan sit op die grootste stoel, dit is te hard. Sy sit op die middelste stoel, dit is te sag. Die kleinste bankie sit perfek.
Gouelokkies is stout, sy verken die huis verder. Sy gaan by die slaapkamer in. Sy klim op die grootste bed, maar dit is te hard. Sy klim op die middelslag bed, dit is te sag. Sy klim op die derde bed en dit is perfek. Sy gaan lê sommer. Intussen keer die bere terug na hul huisie. Pappa Beer kan dadelik sien dat iemand aan sy pap geproe het. Mamma Beer sien dat daar aan haar pap ook geproe is. Baba beer is hartseer want iemand het al sy pap opgeëet. Pappa Beer, Mamma Beer en Baba Beer sien dat iemand op hul stoele gesit het. Die bere gaan na hul slaapkamer waar Pappa Beer sê dat iemand het op sy bed geslaap het. Mamma sê iemand het op haar bed ook geslaap. Baba Beer sien Gouelokkies op sy bed slaap. Gouelokkies word wakker en hardloop by die huis uit. Mamma Beer besluit om haar gesin te troos en maak vir hulle ander kos. Mamma glimlag tevrede, haar gesin is weer gelukkig.