Hans die Skipper

Vrygestel: 1952
Tydsduur: 1h 35m
Ouderdomsbeperking: Geen
Hans die skipper speel af op 'n klein vissersdorp waar Hans, wie se hele lewe om die see draai, saam met sy vrou en seun, Johan, woon. Hans wil hê sy seun moet ook 'n visser word, maar Johan wil nie op die dorp bly nie. Sy seun sprei sy vlerke en pa ...

Hans die skipper speel af op 'n klein vissersdorp waar Hans, wie se hele lewe om die see draai, saam met sy vrou en seun, Johan, woon. Hans wil hê sy seun moet ook 'n visser word, maar Johan wil nie op die dorp bly nie. Sy seun sprei sy vlerke en pa en seun raak mettertyd van mekaar vervreem. Na jare van swerf, hoor die seun dat sy pa op sterwe lê en haas hom terug om by die sterfbed weer versoen te raak.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.