Heidi

Vrygestel: 2015
Tydsduur: 1h 46m
Ouderdomsbeperking: Geen
Heidi is ‘n weeskind wat vir vyf jaar by haar tante Dete gewoon het toe sy op ‘n dag Heidi na haar oupa Almöhi neem sodat Heidi by hom kan woon. Oupa Almöhi is nie die vriendelikste man nie, maar aanvaar mettertyd Heidi se teenwoordigheid en raak lie...

Heidi is ‘n weeskind wat vir vyf jaar by haar tante Dete gewoon het toe sy op ‘n dag Heidi na haar oupa Almöhi neem sodat Heidi by hom kan woon. Oupa Almöhi is nie die vriendelikste man nie, maar aanvaar mettertyd Heidi se teenwoordigheid en raak lief vir haar. Heidi gaan daagliks saam met Peter en die bokke na die berge, haar lewe is in ‘n roetine en sy is gelukkig wanneer tante Dete op ‘n dag weer verskyn en haar na Frankfurt neem om by die Sesemann gesin te gaan woon sodat sy ‘n maatjie vir hul dogter, Klara wat aan ‘n rolstoel vasgekluister is, kan wees. Heidi verlang daagliks na haar oupa en die berge, soveel so dat sy siek word van verlange. Heidi is ‘n hartroerende storie van hoe die onskuld en liefde van ‘n kind selfs die mees geharde hart kan sag maak.