Help! Ek's 'n Vis!
Help! Ek's 'n Vis!
Frik is op pad om te gaan visvang toe sy ouers, Paul en Lisa, aankondig dat hulle die aand uitgaan en dat hul tannie Anna en hul nefie Vaatjie, hom en sy sussie Stella daardie aand sal versorg. Wanneer tannie Anna aan die slaap raak besluit Frik en Stella om te gaan visvang en forseer Vaatjie om saam te gaan.
Hulle eerste byt is 'n ou geroeste blik. Binne-in die blik is 'n pragtige klein seeperdjie wat klein Stella as haar eie wil hou en Sasha doop. Frik verduidelik dat Stella nie vir Sasha kan hou nie en dat sy haar in die water moet vrylaat. Hulle stry só dat hulle nie opmerk dat die gety inkom nie en hulle word deur die see vasgekeer. Hulle vlug met 'n ondergrondse tonnel waar hul paaie kruis met die van 'n verstrooide professor. Die professor is besig met snaakse en geheime eksperimente. Een van die professor se konkoksies verander Frik, Stella en Vaatjie in visse en hulle moet die teenmiddel kry anders bly hulle permanent visse en word hulle haaikos.
Sal Frik, Stella en Vaatjie daarin slaag om terug te verander in mense? Kom kyk saam en vind uit.