Het van Verlangekraal: Die Rolprent

Vrygestel: 1984
Tydsduur: 1h 34m
Ouderdomsbeperking: Geen
Het is ‘n skrander leerling met ‘n sterk persoonlikheid, maar weens ‘n disfunksionele huishouding rebelleer sy teen alles en almal. Een oomblik bewonder mens Het se entoesiasme vir die lewe ten spyte van haar omstandighede, die volgende oomblik stel ...

Het is ‘n skrander leerling met ‘n sterk persoonlikheid, maar weens ‘n disfunksionele huishouding rebelleer sy teen alles en almal. Een oomblik bewonder mens Het se entoesiasme vir die lewe ten spyte van haar omstandighede, die volgende oomblik stel sy teleur met haar uitbarstings. Het is gewoond daaraan om pakslae te kry, en sommige mense dink dat alles met ‘n pakslae reggemaak kan word, maar Mnr. du Plessis is ánders. Die gevolge van liefde en begrip word in Het van Verlangekraal uitgebeeld.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.