Jakkalsdraai se Mense
Jakkalsdraai se Mense
Christa van Wyk het, ná ‘n mynongeluk haar man en twee van hul seuns se dood veroorsaak het, as enkelouer haar oorblywende drie kinders na die beste van haar vermoë grootgemaak. Nic, Aletta en Henk was die spil waarom Christa se bestaan gedraai het.
Die gemeenskap van die myndorp Jakkalsdraai skinder lank reeds van Christa se seun Henk. Wanneer Nic in ‘n kroeggeveg betrokke raak en tot tronkstraf gevonnis word, neem dinge ‘n drastiese wending. Ná Nic sy vonnis uitgedien het en terugkeer Jakkalsdraai toe volg ‘n mynramp wat almal in die dorp se lewens raak en verander.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.