Jock of the Bushveld

Vrygestel: 1986
Tydsduur: 1h 34m
Ouderdomsbeperking: 16
Jock of the Bushveld is die verhaal van ‘n jong fortuinsoeker, Sir Percy FitzPatrick, wat in die 1880’s sy geluk gaan soek het in Pelgrimsrus tydens die goudstormloop. Saam met sy hond, Jock, het hulle menige avonture gehad in die Afrika bosveld. Joc...

Jock of the Bushveld is die verhaal van ‘n jong fortuinsoeker, Sir Percy FitzPatrick, wat in die 1880’s sy geluk gaan soek het in Pelgrimsrus tydens die goudstormloop. Saam met sy hond, Jock, het hulle menige avonture gehad in die Afrika bosveld. Jock of the Bushveld is gebaseer op die ware verhaal deur Sir Percy FitzPatrick.

Afrikaners is plesierig … selfs in Engels!
Oor die jare heen het die Afrikaanse skeppers van kykvermaak hul tone ook in die Engelse poel gesteek. Trots Afrikaanse mense, onder andere Jamie Uys, het nie hul skeppende talente beperk tot Afrikaans nie, en aangesien daar geen einde aan hul artistieke vermoëns is nie, het hulle kykgenot in Engels ook vervaardig.

Ons bring nou ook vir jou Engelse films wat met ‘n Afrikaanse aanslag deur trots Afrikaanse mense vervaardig is!

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.