Jy Is My Liefling

Vrygestel: 1968
Tydsduur: 1h 38m
Ouderdomsbeperking: Geen
Willie Willeboer is ‘n sukkelende joernalis wat ook beskryf kan word as ‘n dagdromer wat die held in sy eie lewe is. Hy het so ewe gedink dat hy ’n verhoging gaan kry, toe word hy afgedank. Hy gaan bly op ‘n wildsplaas waar hy die twee liefdes van sy...

Willie Willeboer is ‘n sukkelende joernalis wat ook beskryf kan word as ‘n dagdromer wat die held in sy eie lewe is. Hy het so ewe gedink dat hy ’n verhoging gaan kry, toe word hy afgedank. Hy gaan bly op ‘n wildsplaas waar hy die twee liefdes van sy lewe, Ans (die plaaseienaar se dogter) en ‘n bobbejaantjie wat hy Fielies gedoop het, ontmoet. Nadat ‘n eienaardige aflewering amper in Willie se skoot beland en hy besef dat hy en sy geliefdes in gevaar is, besluit hy om die dagdromery te laat vaar en hierdie keer as ‘n regte held sy man te staan.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.