Kavaliers

Vrygestel: 1966
Tydsduur: 1h 29m
Ouderdomsbeperking: Geen
Generaal de Wet versoek veldkornet Chris Botha, kommandant van die Kavaliers, om ‘n selfmoord kommando te lei. Chris moet 100 manne uit die kommando’s uitsoek wat dan ongemerk agter die vyand se linies moet deurdring tot in die omgewing van Port Eliz...

Generaal de Wet versoek veldkornet Chris Botha, kommandant van die Kavaliers, om ‘n selfmoord kommando te lei. Chris moet 100 manne uit die kommando’s uitsoek wat dan ongemerk agter die vyand se linies moet deurdring tot in die omgewing van Port Elizabeth. In Port Elizabeth moet hulle soveel as moontlik ontwrigting veroorsaak en die vyand besighou tot die Generaals se verstrooide kragte weer versterk is. Eers steel die Kavaliers ammunisie reg onder die Britte se neuse, dan los hulle ‘n nota waarmee hulle met die Britte gekskeer oor die feit dat hulle die ammunisie gesteel het. Tussendeur kruis Chris paaie met die Engelse Generaal se dogter, Joan.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.