Kimberley Jim
Kimberley Jim
Jim en Gerry is twee slinkse pokerspelers en verkoop gepatenteerde medisyne om ’n inkomste te maak. Tydens een van hul pokerspeletjies wen hulle die papiere tot ’n diamantmyn op Kimberley se diamantvelde. Die diamantmyn is meer ’n geldput as wat dit ’n fontein van rykdom is. Jim en Gerry wil spore maak, maar eers sal hul die inwoners van Mac-Mac moet uitoorlê om hul verlies te minimaliseer.
Afrikaners is plesierig … selfs in Engels!
Oor die jare heen het die Afrikaanse skeppers van kykvermaak hul tone ook in die Engelse poel gesteek. Trots Afrikaanse mense, onder andere Jamie Uys, het nie hul skeppende talente beperk tot Afrikaans nie, en aangesien daar geen einde aan hul artistieke vermoëns is nie, het hulle kykgenot in Engels ook vervaardig.
Ons bring nou ook vir jou Engelse films wat met ‘n Afrikaanse aanslag deur trots Afrikaanse mense vervaardig is!
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.