Kruger Miljoene
Kruger Miljoene
Dit is die jaar 1900 en die Anglo-Boereoorlog speel in Suid-Afrika af. President Paul Kruger benodig geld om ammunisie te koop, maar slegs goue munte word as die aanvaarde geldeenheid aanvaar. President Kruger gee opdrag aan sy mees betroubare soldate, die Kavaliers, om in 30 dae ‘n berg goudstawe in munte te slaan. Die plan word in werking gestel deur die Kavaliers se leier, Chris Botha, maar die geheime aktiwiteite trek die aandag van die Britte, sowel as die mynkaptein se jong dogter wat op Botha verlief raak. Hy het egter sty hart op ‘n Engelse verpleegster verloor. Teen die tyd wat die munte geslaan is kan die Kavaliers nie ontsnap nie omdat hulle deur duisende Britse troepe omring is. Die twee vroue en die muntmeester, Ben, slaag daarin om die situasie op ‘n merkwaardige wyse te beredder.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.