Kwikstertjie
Kwikstertjie
*Kwikstertjie is die opvolg van die film Môre, Môre.
Dit is agt jaar ná Dewald, nou ’n joernalis, vir Lena met ’n spies doodgegooi het ten aanskoue van al die leerlinge op die paviljoen. Sy baas gee hom opdrag om na Hoffmansdal te gaan vanwaar hy berig moet lewer oor die opkomende verkiesing, met die fokus op ‘n spesifieke politikus, Lourens de Necker. Dewald keer teësinnig terug na Hoffmansdal waar die meeste mense nog nie die dag toe Dewald Lena met die spies doodgegooi het, vergeet het nie. Hy word steeds sterk veroordeel en is met tye moedeloos omdat dit vir hom voorkom asof daar vir hom nooit vergifnis sal wees nie, selfs sy eie pa verwerp hom steeds. Blanche ontferm haar oor Dewald en behandel hom met waardigheid. Dr. Kallie Langermann, Blanche se verloofde en eens Dewald se vriend, wil niks te doen hê met Dewald nie, maar Blanche kan Dewald nie uit haar gedagtes kry nie.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.