Lied In My Hart
Lied In My Hart
Linda is die orreliste van die gemeente, haar broer Parra hoop dominee Paul Murray sal met Linda trou. Paul het egter jare gelede al sy hart verloor op die mynbaas se beeldskone dogter, Estelle Weber. Wanneer Paul met Estelle trou is sommige lede van die gemeente nie gelukkig met sy keuse nie en Paul besluit om Estelle te beskerm sal hy die gemeente verlaat. Hulle gaan na Wene waar Paul in die operawêreld beland. Parra skryf ’n brief vir Paul en soebat hom om huis toe te kom ná ’n ongeluk by die myn.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.