Lindie
Lindie
Lindie is ’n tienermeisie wat die grond aanbid waarop haar liefdevolle pa, André, loop. Sy kon nie vir ’n beter pa gevra het nie. Die lewe is ’n lied, totdat die skinderstories van haar pa se verhouding met sy sekretaresse, Lindie se ore bereik. Lindie se punte verswak en sy loop weg. Die nuus van sy geliefde dogter wat vermis is, ruk André tot sy sinne en hy jaag om by die huis te kom en beland in die proses in ’n motorongeluk. Is dit te laat vir André om sy huwelik met Lenie te red?
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.