Lokval In Venesië

Vrygestel: 1972
Tydsduur: 1h 27m
Ouderdomsbeperking: Geen
Zelida is ‘n eksentrieke oujongnooi wie se juwele gesteel is. Sy en haar niggie gebruik die geld wat die versekering uitbetaal het om ‘n bootreis vanaf Suid-Afrika na Venesië te onderneem. Sy is salig onbewus van ‘n agterdogtige speurder wat hom as ‘...

Zelida is ‘n eksentrieke oujongnooi wie se juwele gesteel is. Sy en haar niggie gebruik die geld wat die versekering uitbetaal het om ‘n bootreis vanaf Suid-Afrika na Venesië te onderneem. Sy is salig onbewus van ‘n agterdogtige speurder wat hom as ‘n ambassadeur voordoen sodat hy sy oë op hulle kan hou. Intussen is die rower met sy meisie en die gebuite juwele ook op die skip. Daar is boonop ‘n weeskind-verstekeling wat sake verder deurmekaar krap.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.