Ma Skryf Matriek
Ma Skryf Matriek
Bella, ‘n middeljarige huisvrou en ma, is nou keelvol daarvoor om te hoor dat sy nie intellektuele gesprekke kan voer nie. Sy besluit dat die enigste uitweg is om haar matriekeksamen te skryf. Laataand studies, geheime ontmoetings en ‘n kombuis wat amper afbrand vul Bella se dae. Bella se potensiaal word ontgin, maar haar vreemde gedrag beproef haar gesin se geduld en hul agterdog raak al groter met elke vis en tjips maaltyd wat hulle moet sluk.
Ma Skryf Matriek is gebaseer op Louis de Villiers se toneelstuk.
Die temalied word gesing deur Min Shaw en Lance James.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.