Met Liefde Adéle

Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 40m
Ouderdomsbeperking: Geen
Adéle het 12 jaar gelede ’n groot fout begaan, maar die hede gee haar die geleentheid om dit reg te stel. Adéle word penmaats met Wikus, ’n jong weeskind wie se lewe alles behalwe maanskyn en rose is, maar ten spyte van die hartseer, sien hy die silw...

Adéle het 12 jaar gelede ’n groot fout begaan, maar die hede gee haar die geleentheid om dit reg te stel. Adéle word penmaats met Wikus, ’n jong weeskind wie se lewe alles behalwe maanskyn en rose is, maar ten spyte van die hartseer, sien hy die silwer randjie om elke donker wolk. Adéle en Wikus se vriendskap groei by die dag sterker, maar Adéle se vriendin is nie te vinde vir hierdie vriendskap nie en steek ‘n stok in die wiel. Wat hou die toekoms vir Adéle en Wikus in?

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.