Miekie Muis In Stoomboot Willie

Vrygestel: 1928
Tydsduur: 7m 22s
Ouderdomsbeperking: Geen
Miekie Muis In Stoomboot Willie is die derde film wat deur Walt Disney vervaardig was. Wat hierdie kortfilm merkwaardig maak is die feit dat dit een van die eerste spotprent animasiefilms is wat gesinchroniseerde klank bevat het. Alhoewel die kortfi...

Miekie Muis In Stoomboot Willie is die derde film wat deur Walt Disney vervaardig was.
Wat hierdie kortfilm merkwaardig maak is die feit dat dit een van die eerste spotprent animasiefilms is wat gesinchroniseerde klank bevat het. Alhoewel die kortfilm meestal uit grom geluide en byklanke bestaan en min dialoog bevat, was Walt Disney homself verantwoordelik vir al die karakters se dialoog.

Miekie Muis is ’n guitige bemanningslid op ’n bootjie onder beheer van die tiran, skipper Pete.