Mignon “Mossie” van Wyk

Vrygestel: 2016
Tydsduur: 1h 39m
Ouderdomsbeperking: Geen
Luna van Wyk is ‘n 14-jarige meisie wat die verhaal vertel van haar ouer sussie, Mignon “Mossie” van Wyk. Mignon en Adriaan Prinsloo is van laerskooldae af beste vriende en bure. Daar is ‘n leertjie bo-oor die heining gebou sodat nie eers ‘n heining ...

Luna van Wyk is ‘n 14-jarige meisie wat die verhaal vertel van haar ouer sussie, Mignon “Mossie” van Wyk. Mignon en Adriaan Prinsloo is van laerskooldae af beste vriende en bure. Daar is ‘n leertjie bo-oor die heining gebou sodat nie eers ‘n heining hulle geskei het nie. Luna dink van kleins af dat Mignon en Adriaan perfek is vir mekaar, maar Mignon raak hals oor kop verlief op die toksiese Leon Rossouw wat reeds op universiteit is. Mignon leer dat ‘n seer hart altyd kan hardloop, en sy leer ook dat dit wat jy die liefste het, jou die seerste maak ...