Mirage Eskader

Vrygestel: 1975
Tydsduur: 1h 33m
Ouderdomsbeperking: Geen
Luitenant Gerhard Muller se pa het gesterf terwyl hy vir die Suid-Afrikaans Lugmag in Korea gevlieg het. Dit is 20 jaar later en Gerhard wroeg omdat hy nooit sy pa geken het nie en omdat hy nie weet wat daardie dag, toe sy pa gesterf het, gebeur het ...

Luitenant Gerhard Muller se pa het gesterf terwyl hy vir die Suid-Afrikaans Lugmag in Korea gevlieg het. Dit is 20 jaar later en Gerhard wroeg omdat hy nooit sy pa geken het nie en omdat hy nie weet wat daardie dag, toe sy pa gesterf het, gebeur het nie. Sy pa se vriend en medevlieënier, kommandant Chris Fourie is die enigste vlieënier wat van hul sending in Korea teruggekeer het en oor die jare was daar verskeie gerugte oor wat daardie dag gebeur het. Gerhard sluit by die Mirage Eskader by Waterkloof-Lugmagbasis aan waar kommandant Chris Fourie sy onmiddellike hoof is. Sy oupa is kolonel Greeff, die basisbevelvoerder. Gerhard besef dat sy ma en kommandant Chris Fourie jare vantevore ‘n paartjie was voordat sy met sy pa getroud is, en kort voor lank sien ons presies hoe ernstig die verhouding was.

Mirage Eskader is opgedra aan die Suid-Afrikaanse Lugmag.
“Vinniger as Arende
Sterker as Leeus”

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.