Moedertjie

Vrygestel: 1931
Tydsduur: 29m 55s
Ouderdomsbeperking: Geen
Tante Koester en haar man reis per trein na Maraisburg op soek na hul seun van wie hulle twee jaar laas gehoor het. Die egpaar arriveer ná donker in Maraisburg en besluit om die nag in die wagkamer van die treinstasie deur te bring. Deur die loop van...

Tante Koester en haar man reis per trein na Maraisburg op soek na hul seun van wie hulle twee jaar laas gehoor het. Die egpaar arriveer ná donker in Maraisburg en besluit om die nag in die wagkamer van die treinstasie deur te bring. Deur die loop van die nag kruis hul paaie met vreemdelinge, elk met hul eie verhaal van hartseer. Elkeen vind in die treinstasie se wagkamer waarna hul soek: ‘n kind, ‘n verlore liefde, vryheid en aanvaarding, maar nie soos wat hulle daarop gehoop het nie.

Moedertjie is ‘n swart en wit kortfilm en is een van Suid-Afrika se eerste twee films met klank. Die film is die eerste klankrolprent wat geheel in Afrikaans opgeneem is.

Die film is gebaseer op J.F.W. Grosskopf se toneelstuk “In die Wagkamer”.

*Neem asseblief kennis dat hierdie film uit die argief kom en dat dit in standaard definisie verfilm was, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie.

Ons is baie trots op ons biblioteek van Afrikaanse kykgenot uit die argiewe, geniet die nostalgie saam met ons.