My Naam Is Dingetjie
Vrygestel: 1975
Tydsduur: 1h 27m
Ouderdomsbeperking: Geen
Daan en Dingetjie is twee leeglêers wat te lui is om hul plaashek oop te maak en boonop ook te sleg is om hul donkie te leer om die hek vir hulle oop te maak. Hulle maak misbruik van hul Sus se goedheid en op ‘n dag het sy net mooi genoeg gehad van d...
My Naam Is Dingetjie
Daan en Dingetjie is twee leeglêers wat te lui is om hul plaashek oop te maak en boonop ook te sleg is om hul donkie te leer om die hek vir hulle oop te maak. Hulle maak misbruik van hul Sus se goedheid en op ‘n dag het sy net mooi genoeg gehad van die twee niksnutte en dreig dat sy met die volgende man wat sy sien sal trou en die plaas sal verlaat. Die twee luiaards moet in hul pasoppens trap wanneer ‘n prospekteerder olie op hul plaas ontdek en Sus die skoot hoog deur het.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.