n Sonneblom Uit Parys
Vrygestel: 1974
Tydsduur: 1h 19m
Ouderdomsbeperking: Geen
Johan en Linda is verlief en wil graag trou, maar hulle kom van twee verskillende wêrelde. Johan se ouers is skatryk en boonop is sy ma, Yvonne, hoogmoedig en ydel. Linda se ouers is nederige boere, onopgesmuk. Yvonne doen alles in haar vermoë om Lin...
n Sonneblom Uit Parys
Johan en Linda is verlief en wil graag trou, maar hulle kom van twee verskillende wêrelde. Johan se ouers is skatryk en boonop is sy ma, Yvonne, hoogmoedig en ydel. Linda se ouers is nederige boere, onopgesmuk. Yvonne doen alles in haar vermoë om Linda uit Johan se lewe te kry, sy bied haar selfs geld aan. Die lewe laat hom egter nie deur Yvonne voorskryf nie en wanneer die noodlot tref kom haar ydelheid en hoogmoed tot ’n val.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.