No Hero
No Hero
Larry se realiteitsprogram, “Love Birds”, waar ‘n deelnemer potentsieel ‘n troumaat kan ontmoet, se toekoms is op die spel. André sal nog geld in “Love Birds” investeer mits die kykersgetal toeneem. Larry bewimpel ‘n plan om Suid-Afrika se gewildste sanger en akteur, Marcel Meyer, te kry om aan “Love Birds” deel te neem. Van meet af aan slaan Marcel die drom op sy eie maat en nié soos wat Larry dinge beplan nie. Marcel besef met ‘n skok dat Larry dinge bewimpel het en in die proses besef hy ook dat hy eintlik verlief is op Kim, die deelnemer wat hy nie veronderstel was om te kies nie.
Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.