Piet My Niggie

Vrygestel: 1964
Tydsduur: 1h 15m
Ouderdomsbeperking: Geen
Juffrou Salome van der Merwe leer die seuns by Tallermantrust Volkskool ballet, en die trustee van die skool, Mnr. Tallerman hou niks hiervan nie. Hy eis dat die skool ‘n manlike onderwyser aanstel wat die seuns kan leer rugby speel, maar daar is ‘n ...

Juffrou Salome van der Merwe leer die seuns by Tallermantrust Volkskool ballet, en die trustee van die skool, Mnr. Tallerman hou niks hiervan nie. Hy eis dat die skool ‘n manlike onderwyser aanstel wat die seuns kan leer rugby speel, maar daar is ‘n groot skaarsste aan kandidate. Salome se kollega oorreed haar om soos ‘n man vermom te word en Mnr. Piet van der Merwe te wees.

Frederik Burgers skitter in sy vertolking van beide die rolle van Juf. Salome van der Merwe sowel as Mnr. Piet van der Merwe, en sorg vir uitstekende komiese vermaak.

Neem asseblief kennis dat hierdie film in standaarddefinisie verfilm is, dit is dus nie dieselfde kwaliteit wat hedendaagse hoëdefinisiebeeld bied nie. Ons is trots om hierdie Afrikaanse juweel uit die argiewe met julle te deel - beleef die nostalgie weer saam met ons.